Platter's Wine guide logo

Sorry, but your browser is not supported :(


This website uses modern features that are not supported by Internet Explorer 8 or lower or compatibility mode.
In order to access this website, you will need to upgrade your browser.

Click here for more information on upgrading to a modern browser.

  Produsente Portaal - Alles rondom Platter op een gerieflike blad

Welkom by die Platter deur Diners Club Produsente Portaal, 'n een-stop inligting- en hulpbronblad om u interaksie met die Platter-span te vergemaklik. Hier vind u alles, van sperdatums vir die nuwe uitgawe tot skakels waar Platter dokumente afgelaai kan word.

Lys u kelder/distilleerdery in die Platter Gids

Die 2024-uitgawe van die Platter Gids word voorberei vir publikasie in die vierde kwartaal van 2023 en produsente word genooi om die nuutste besonderhede oor hul wynmakery/distilleerdery in te dien, saam met proe-monsters van die produkte wat gedurende die tydsduur van die gids (November 2023 tot November 2024) beskikbaar sal wees.

  • Produsente wat in vorige uitgawes verskyn het moet hier klik.
  • Produsente wat hul debuut in die gids maak moet hier klik.
  • Vir Inligtingsdokumente wat benodig word saam met die inlewering van u Wyn-, Brandewyn-/Dopspiritus- en Sjerrie-styl-wyn, klik hier.

Sperdatums

  • Opgedateerde inligting oor die wynmakery - Vrydag 2 Junie 2023
  • Opgedateerde Verwagte Produkte & Oesjare sigblad - Vrydag 2 Junie 2023
  • Proe-monsters - datum moet gesamentlik deur die wynprodusent en 'n lid van Platter se Logistieke Span bepaal word. Die "teiken" datum is Vrydag 30 Junie 2023.

Sleutel kontakte

Lees kort biografieë van die proeërs

Die hoogs aangeskrewe proeërs wat die wyne vir die 2023-uitgawe sal beoordeel, is: Winnie Bowman, Greg de Bruyn, Tim James, Nomonde Kubheka, Malu Lambert, Angela Lloyd, Cathy Marston, Fiona McDonald, Christine Rudman, Penny Setti, Dave Swingler, Cathy van Zyl en Meryl Weaver. Ndaba Dube en Keize Mumba is mede-beoordelaars. Klik hier vir kort biografieë van die proe-span.

Lys u restaurant en akkommodasie in die Platter Gids

Verhoog die sigbaarheid van die eetplek of gastehuis op u wynlandgoed deur dit in die Restaurante en Akkommodasie in die Wynlande en Kaapstad blaaie, sowel as op die Platter webtuiste te lys. Kontak orders@wineonaplatter.com vir meer inligting.

Bestel Platter se bottel seëls ("plakkers")

Platter se bottel seëls ("plakkers") is beskikbaar vir wyne wat tussen 3 en 5 sterre gegradeer is. Vir produsente wat aktief is in internasionale markte, waar die skaal van 100 punte meestal gebruik word, bied Platter's ook seëls vir 86- tot 98-punt wyne, plus seëls wat die Diners Club-logo meer prominent vertoon. Daarbenewens is seëls beskikbaar vir wyne wat as "Good Value", "Superquaffer", "Hidden Gem" en "Highly Recommended" in die gids beskryf word. Kontak orders@wineonaplatter.com om u seëlbestelling te plaas.

Bestel digitale seëls ("plakkers")

Digitale weergawes van Platter se bottelseëls ("plakkers") is beskikbaar vir wyne wat 3 sterre tot 5 sterre gegradeer is, asook wyne wat as "Good Value", "Superquaffer", "Hidden Gem" en "Highly Recommended" in die gids beskryf word. Digitale seëls vir 86 tot 98 punte op die 100-punt-graderingskaal is ook beskikbaar, saam met digitale seëls wat die Diners Club-logo meer prominent vertoon. Bestel dit by orders@wineonaplatter.com.

Bestel Platter-sertifikate

Bevorder u graderings in die Gids deur gedrukte Platter-sertifikate in u proelokaal, restaurant, gastehuis of kelder te vertoon. 'n Aantreklike ontwerp en kwaliteit drukwerk gee u Platter prestasies hoë sigbaarheid en impak. Bestel dit by orders@wineonaplatter.com.

Koop die Platter Gids

  • Platter's South African Wine Guide is Suid-Afrika se vertroude wynadviseur sedert 1980. Koop u hardebandboek of digitale intekening (vir toepassing en webwerf) hier.
  • Platter's South African Wine Guide (E-boek) is die volledige hardeband-uitgawe in e-boek-formaat, wat op enige toestel wat die Kindle gratis e-leser toep gebruik, afgelaai kan word. Klik hier om dit te kry.
  • Everything You Wanted To Know About Wine But Were Too Afraid To Ask (E-Boek) is 'n "verneuk-blad" oor wyn vir selfbewuste wynbeginners wat alles dek van wynproe tot kook met wyn, kos met wyn komplimenteer, met wynsnobs omgaan, wyn versamel en (natuurlik) drink. Die e-boek werk met enige toestel wat die Kindle gratis e-leser toep gebruik. Laai Everything Wine hier af.

Vind u nie op hierdie blad wat u soek nie? Stuur 'n e-pos aan Philip van Zyl by pvz@wineonaplatter.com vir hulp.